LS (24/04/1988 / Pretoria, Gauteng South Africa)

[afrikaans] Soel Seewater

As ek my hart kon uitkerf
en afspoel in soel seewater
sou ek jou kon uitspoel

Sou jy wegspoel met die gety?
Sal ek met soel seewater
jou voetspore oor my hart
kan afspoel, sal ek
die brandmerke kan heelmaak?

Met 'n sekerheid van
wie-weet-waar
weet ek...
al sou ek my hart uitkerf
en met soel seewater afspiel
sal jou naam in my hart van harte
in gekerf bly.

Nutteloos soos wat dit is
sal ek steeds...
my hart uitkerf en met soel seewater afspoel
dalk selfs in die stormsee werp
en wonder waar hy volgende gaan uitspoel

User Rating: 5 / 5 ( 0 votes )

Robert Frost

Stopping By Woods On A Snowy Evening

Comments (0)

There is no comment submitted by members.