LS (24/04/1988 / Pretoria, Gauteng South Africa)

[afrikaans] Van Die Op My Hartspad

ek sit met ‘n diep gewortelde romantiese streep
wat ondanks my moderne feminisme gedurig kop uitsteek
die vrou in my is blykblaar smagtend na haar eie sprokies verhaal

elke mens wat oor my lewens pad gewandel het,
(tenspyte van neuroses, psigoses en ander tipe mure)
het, ‘n rippel effek op my psige gehad

meer nog, die aan wie mens romanties gebonde was
(of sit nou ‘n week, maand of jare was)
Sodra my hart (o verraaier) ‘n lê plek vind
ontwerp sy die padkaart terug na daardie plek
vir die onthou, die koester
en die kasty op moeilike dae

Dis eienaardig om mense te wil vertel wat hulle beteken
jare na die feit

maar soms moet mens dit dalk herleef in jou innigheid
al is dit net vir refleksie
al is dit net vir jou

jou ongebonde siel het my aangeraak
jou nie-verskonende spontaneïteit het ek bewonder
jy’t my laat blom, ongekunsteld, natuurlik
jy’t onbeskaamd en onbeskroom vir ander gewys hoe jy voel
tog was dit asof dit nog altyd was.

jy was nog altyd iewers in die agtergrond van my lewe
nie werklik ‘n liefde,
slegs ‘n fantasie

van wat ek gedink het jy dalk is
maar daar was geen keer aan my verraaier hart
‘n digter, ‘n kunstenaar,
‘n bedrukte siel wat die skoolbanke verlig het met geheime boodskappe
dit het my hart nie goed gedoen om~
met jou in my oogveld is vir die eerste keer
Keats, Shelly en Byron aan te hoor

Nou weet ek jy is nie wat ek gedink het nie,
tog is dit nie hartseer nie,
inteendeel
-nou is jy ‘n interssante kennis
wat onwetend ‘n geskiedenis met my hart het.

jou rebelsheid en seker die onbereikbaarheid van wie jy is
het my aangetrek
ek was soos ‘n mot betower, gefassineerd
met die onbereikbare vlam
so onverklaarbaar mooi was dit tussen ons
herinneringe wat altyd klok helder voor my sal kan staan

selfs nou,
jare later staan jou woorde nog voor my
jou wysheid voor ‘n jong meisie omvou my steeds

oor jou is al te veel geskryf
te veel getreur en te veel gedink
dit was dalk die tema van wat ons was.
te-
te veel van my vir te min van jou
terwyl daar te veel van jou geheg was aan te veel van haar
te veel van my tyd terwyl ek te min tyd gehad het
jy te min gegee het en te veel gehad het.
dit was ‘n te ongeleë tyd vir liefde
en te laat vir omdraai

my hartsvriend
jy het my deur donker tye gedra, sonder om my werklik te ken
en toe jy my leer ken-
was daar nie omdraai plek
‘n verterende, stormagtige, tere liefde
het ons gekoester in ons fantasie wereld

jy was my sielsgenoot-
my hart, verstand en siel
in eengestrengel in joune
jou hand was my hand

maar tenspyte van wil en dank
het die sprokie sy nare werklikheid geopenbaar
liefde is nie genoeg nie
en mense verander mekaar

wat was en wat is
verwyte en spyt is nutteloos

aangesien daar soveel is wat nooit moet verander nie
aangesien die goeie die slegte aandra
en die donkerste nag die sonsopkoms die mooiste laat lyk.

gelukkig hou my verstand my hart in toom
teen emosie en sinnelose aksies

my verstand,
sy vertaan dat my hart eintlik net verlief is op die idee van liefde
daai hartsplekkies van alle romantiese oomblikke saamgetel
-beleef of versin-
het in my hart eengeword

nou’s daar dalk nie meer plek vir ‘n gewone man nie
want hier leef net ‘n fantasie

User Rating: 5 / 5 ( 0 votes )

Rudyard Kipling

If

Comments (0)

There is no comment submitted by members.