Z. Gevange

Ek stap in die koue...
naak
die nagwind soos doringdraad
om my enkels
dit boei my aan die
grond
die koue vind sy houvas op my
en dwing my af
dit ketter my -
ek bied geen verweer...
my vel krimp
my hart staan stil
ek struikel
ek verdor

Daar is geen Feniks in hierdie nag
geen vuur wat my laat herbore en
die gitswart kole in my binneste
laat herlewe...

Ek sterf
geketting met doringdraad
aan die koue...

aan jou.

by YURI DURAAN

Comments (0)

There is no comment submitted by members.