Z. Stip

Ek staar stip
na die oop deur...
die deur 'n simbool,
'n patent van my
verwagting

My heimwee stuur
rookseine na jou
horisonne
pleit met die wind om
jou te gaan haal

(soms verwag ek te veel)

Nietemin staar ek stip
na die oop deur
stip
en met verwagting
dat jou rookomhulde
windverwaaide skim
my visie gaan versper

by YURI DURAAN

Comments (1)

Ek staar stip met groot verwagtinge vir wat jy nog gaan opdis - ek dink dis so uitstekend simbolies van afwagting vir iemand om te verskyn of jou lewe te betree. In my geval - nuwe Pragstukkies uit jou pen. Dankie Yuri - baie goed gestel.